Academix Academix Reading Development
developed by Info-Edu CC
HOME AFRIKAANS DOWNLOAD CONTACT



Die beste belegging in jou kind se toekoms.


Info-Edu ontwikkel reeds sedert 1993 opvoedkundige sagteware. Daarom mag dit goed moontlik wees dat u reeds van ons Academix visuele persepsie en leesontwikkelingsprogram kennis geneem het. Academix word reeds deur baie arbeidsterapeute, sielkundiges, skole en tersiëre instansies soos bv. die Noordwes Universiteit (PUKKE) met groot sukses gebruik.



Wat is Academix?

Academix is 'n opvoedkundige rekenaarprogram wat op 'n dinamiese wyse akademiese vordering in al hulle vakke by leerlinge kan bewerkstellig. Die volgende aspekte word in die program aangespreek:

  • Visuele diskriminasie
  • Opeenvolging
  • Analise en sintese
  • Woordherkenning
  • Woordbou
  • Konsentrasie
  • Geheue
  • Spelling
  • Sekere grammatikale beginsels soos bv. meervoude, sinonieme, antonieme en verkleinwoorde
  • Sinskonstruksie
  • Leesvaardighede en
  • Begrip







Hoe werk Academix?

Academix is ontwerp om onder Windows 8 en Windows 10 te werk. Dit kan ook onder Windows 7 werk, maar daar mag moontlik addisionele sagteware van Microsoft se webwerf afgelaai word. Dit is gratis sagteware wat moet afgelaai word. Leerders kan die program op hulle eie gebruik, maar ouers kan as onderwyser aanteken om sodoende die resultate van die leerders monitor. Daar is 2 modules beskikbaar nl. 'n Tuisweergawe asook 'n Skoolweergawe.  Die program bestaan altyd uit lesse van Gr 0 - 12, maar vir ouers met kleiner kinders is daar 'n spesiale module beskikbaar  met lesse van Gr 0 - 7. Hierdie weergawe is slegs as 'n tuisprogram beskikbaar.



Academix Aanbiedings

In hierdie aanbiedings wil ons graag 'n paar uittreksels uit die program se visuele persepsie deel asook die leesdeel van die program aan u vertoon

Presentation 1
Presentation 2